12
Apr
10

ek is bang.

(Jammer dat ek politiek praat, dis glad nie my styl nie. Maar hierdie is ‘n uitsondering.)

 

Julius Malema sing “Kill the farmer, kill the boer” herhaaldelik. Die ANC belet hom om dit te doen, maar hy gaan voort daarmee. Dozi verklaar by die KKNK dat Malema hom soos ‘n kaffer gedra. Steve Hofmeyr beaam dit. Eugene Terreblanche word vermoor, sy gesig fyngekap en gelos met ‘n dolk in sy bors en sy broek om sy enkels. En vir die eerste keer ooit is ek bang om in Suid-Afrika te wees.

Ek is nie iemand wat pessimisties oor Suid-Afrika is nie. Inteendeel, ek beplan om die grootste gedeelte van my lewe hier te spandeer. Maar op die oomblik is die voortbestaan van ons land op ‘n mespunt. ‘n Panga, ‘n jagmes, hoe jy dit ook al sien.

Ons het hard probeer om die Reënboognasie ‘n werklikheid te maak, en ons het grotendeels geslaag. Maar kom ons wees eerlik: onder die oppervlak skuil daar steeds ‘n onderliggende rassisme, selfs rassehaat. Dis onafwendbaar – diep wonde genees nooit heeltemal nie. Albei kante van die spektrum maak hulself hieraan skuldig, en tot dusver kon dit nog onder die oppervlak gehou word, maar dit lyk asof die pot nou begin oorkook.

Malema en sy aanhangers probeer hul bes om die briesende verregse Afrikaners uit te tart. Die Boere is beneuk, met rede, en een ondeurdagte besluit kan ‘n burgeroorlog veroorsaak. Letterlik. Dis nie net bangmaakpraatjies nie; dis die realiteit. Indien ‘n sluipmoordaanval nou op Malema uitgevoer moes word, kan ons maar die toekoms van ons land op ons mae skryf.

Die probleem is dat die betrokke partye nie rasioneel dink nie. Die swartes wat “Kill the Farmer” luidkeels sing, dink nie oor die implikasies daarvan nie. Dit is moontlik dat Malema die wit Afrikaanssprekendes probeer ophits om hul tot geweld te vergryp. Dit sal ‘n burgeroorlog veroorsaak en dan sal Malema uiteindelik met rede kan sê dat hy deel was van ‘n “revolution”. Aan die ander kant is daar wit boere wat nie sal skroom nie om swart werkers op hul plase aan te rande uit opgekropte frustrasie, woede en angs. Boere wat met trots ‘n Wit vs Swart oorlog sal binnegaan.

Dis natuurlik altyd belangrik om dinge in perspektief te plaas. Julius Malema en sy aanhangers wat “Kill the Boer” sing, is nie verteenwoordigend van die swart Suid-Afrikaanse bevolking nie. Net so is diegene wat Vierkleur- en Ou Suid-Afrikaanse vlae hys, nie verteenwoordigend van die wit Afrikaanssprekende bevolking nie. Maar hierdie verregses en verlinkses trek die res van die land in hul (tot dusver) stil oorlog in. Die media en die res van die land het ‘n groot verpligting om nie meegesleur te raak deur hierdie radikale groepe nie.

Die enigste oplossing is dat president Zuma doen wat hy nog nie in sy termyn kon vermag nie: standpunt inneem. 2010 is ‘n te belangrike jaar vir Suid-Afrika dat dit deur kortsigtige minderheidsgroepe in die wiele gery word. Kom ons hoop vir die beste.


3 Responses to “ek is bang.”


  1. April 13, 2010 at 10:34 vm

    Whoever controls the media controls the mind. Ek is saam met jou in hierdie een, ‘n stil oorlog definitief in my vermoede.

  2. 2 Jacques De Viljee
    April 13, 2010 at 11:51 vm

    Belangrike punt oor die media. Al die ongegronde “skokbewerings” oor ET kan beide groepe onnodig opdruis.Die media het ‘n reuse-verantwoordelikheid in hierdie tyd.

  3. April 14, 2010 at 9:26 vm

    En soos jy se gebruik hulle dit tog tot almal se nadeel. Weet nie of jy ook die SMS gekry het om g’straand op SABC 3 te kyk nie, dan se hulle die land se oe moet oopgaan. Maar dis net oop om te kyk waar die media meer kan opstook.Jy’s reg.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.